Nuwe Minister van Waterwese en Omgewingsake…
“Ons moet volhoubaar begin leef en besef klimaatsverandering is ’n werklikheid.”
Lees meer hier: Sonjica glo nog altyd bekommerd oor water
Wat’s Nuut?
Beste Lunsklipper,
Ons het onlangs nuwe byvoegings tot ons internet blaaie gemaak.
1. Facebook. Ons het ‘n lys van Lunsklip liedjies van alle tye geplaas. Gaan gerus na ons Facebook blad en stem vir jou gunstelling Afrikaanse Lunsklip liedjies of sit nog by die lys. Volg hierdie skakel => Lunsklip op FB
2. Bewaarmeer. Daar is skakels bygewerk op die Bewaarmeer blad. Besoek gerus die skakels, dit is baie insiggewend. Onthou jy nog die kultuuropdrag? Volg die skakel bo-aan die blad of kliek hier.
Geniet!
Lunsklip 2009 Inligtingsbrief
As jy gaan kamp op Lunsklip 2009, dan MOET jy hierdie brief lees. Dit is die amptelike kamp inligtingsbrief.
Indien jy enige navraag oor die kamp het, vra gerus hier. Vul net die verlangde velde in en druk die “Stuur” knoppie.
Geniet dit!
Lunsklip Kampbrief en Vorms vir 2009
Kliek op die gepaste skakel hieronder:
Verkenner Inskrywingsvorm 2009
Offisiere Inskrywingsvorm 2009
Navraag Vorm
Indien jy enige navraag oor die kamp het, vra gerus hier. Vul net die verlangde velde in en druk die “Stuur” knoppie.
Keurkamp 2008 Uitslae
Liewe Verkenner,
Baie geluk aan die volgende keurgroeplede vir Lunsklip 2009!
Annemarie Olivier Buitegroep
Magde-Mari Greeff Buitegroep
Marie Lombard Buitegroep
Karien Van Niekerk Buitegroep
Jenna Barnardt Buitegroep
Jana Roos Buitegroep
Zelda Vd Walt Buitegroep
Yolandi Laubscher Buitegroep
Janine Laubser Buitegroep
Lenka Du Plessis Buitegroep
Perus Brak Buitegroep
Johann Kleyn Buitegroep
Lodewyk Uys Buitegroep
Murray Burger Buitegroep
Henka Swart Buitegroep
Ignasius Muller Buitegroep
Daniel Rood Buitegroep
Christine De Kock Varia
Erina Smit Varia
Sune Smalberger Varia
Elmi Coetzee Varia
Madelein Markgraaff Varia
Jaco Stols Varia
Sien jou op Lunsklip!
Groete,
Neef Kobus en die offisiere
Keurkamp 2008 Brief en Inskrywingsvorm
Indien jy Keurkamp 2008 wil bywoon gaan jy die kampbrief asook die inskrywingsvorm benodig.
Kry dit hier => Kambrief en Inskrywingsvorm
Belangrike Datums vir 2008 en 2009
Hier is ‘n paar belangrike datums wat jy solank in jou dagboek kan aanteken. Die eerste is 2008 se Keurkampdatum. Die laaste twee is 2009 se Selfbehoud en Keurkampdatums onderskeidelik.
Keurkamp 2008 – 5 tot 8 Desember 2008
Lunsklip 2009 – 4 tot 12 April 2009
Keurkamp 2009 – 11 tot 14 Desember 2009
Kampvorms sal binnekort beskikbaar wees vir Keurkamp 2008. Jy kan hier kliek daarvoor of op die Vorms skakel regs bo aan die blad.
Stortbeurte en Koudkry…
Selfbehoud al kry jy koud …

Vandag is kamp-Sondag en ons begin die dag met ‘n lekker laatslaap. Ons het ‘n ongelooflike mooi vlagparade gehad. Ons smul aan ‘n misterieuse kleurvolle ontbyt. Wel misterieus wat die melk betref … Pienk, blou, geel en groen terwyl die bokse nog toe is. Hulle het seker die koeie Nesquik gevoer. Ons word verras met ‘n stap-vir-stap verduideliking van watergeveg - en nogal prakties ook.
Die offisiere het natuurlik gewen. Ons het ‘n ordentlike lekker uur middagslapie ingekry. Ons het met almal gebond en in die son gelê en droog word.
In die saal het ons ‘n lesing oor sukses gehad. Ons middagete was heerlik! Ons het nog ‘n lekker uur afgehad en toe na die mooiste foto’s van die heelal gekyk. Toe word ons nog lekker bederf met jellie en vla. Ons kry ‘n lesing oor wat ons alles moet inpak en wat nie. Aandete was natuurlik baie lekker en vir ons voorberei deur die offisiere. En die grootste verrassing van alles was die wolke wat ewe skielik toegetrek het.
Groep 4 Meisies
Ketties
Uiteindelik het ons geleer
wat al daai kyke stilweg beweer
Lyftaal is geen grap
alle denke word verklap.
Sonder tou en pulley
kan jy geen kar uit die modder boelie
Voorheen was ons hulpeloos
maar met al dié kennis is ons ‘n baie slim kroos.
In die veld, sonder kompas
is ons soos’n skip sonder mas.
Om nie noodhulp te leer, is ‘n las
so onthou mooi, want lyke is kras.
Suzanne, Corneli, Jenna, Marie
Marulas
Operasie Stortbeurt
Doel: Verwyder alle volksvreemde artikels van die menslike liggaam.
Hipotese: Doel gaan slegs rofweg uitgevoer word.
Apparaat:
Stophorlosie
Noodsaaklike bakterieë
Reinigingsmiddels (AKA seep)
Akkuraat gespasieerde lemme om die effektiefste gevoel van vroulikheid te verseker.
Metode:
1. Na deeglike oordenking prioritiseer só dat die hele liggaam gereinig word.
2. Ontklee die liggaam en maak gereed vir ‘n wrede geveg om jou tyd te verseker.
3. Reageer op fluit en voer beplande skedule met oorgawe en entoesiasme uit. O, en geniet dit!
4. Vertraag endsnelheid aansienlik om ‘n toestand van dinamiese ewewig te bereik waarna die liggaam tot ‘n mate van beskawing geklee word.
5. Stap met alle benodighede en ‘n trots houding na u habitat terug.
Waarneming:
Vars reuk vind homself skielik in die neusholte.
Resultaat: Skielik praat mense weer met jou en jou algemene selfvertroue kry ‘n hupstoot.
Gevolgtrekking: Die menslike liggaam is gereinig en eintlik was dit VET PRET
Boerevertellings en ander…
Na ‘n vroeë aand slapie staan ‘n goed toegeruste Selfbehoudgroep op om die dag ten volle te benut. Na ‘n asemrowende oefening sit die Selfies in diep gedagte - beter bekend as slaap - terwyl die raakvat seremonie oor 2008 se Lunsklip Voortrekkerkontrei plaasvind. Vinnig sit die Selfies gretig en opreg vir hulle lesings en kookwarm sessies,
wat sommer so gevolg word deur ‘n “Helse klein versnapering” - die lewe is hard vir ‘n Selfbehouder …
Groep 1 Meisies
Ons het in Potch gery en oorgeklim op die bus by Pretoria. Na ‘n baie lang busrit het ons by die kamp aangekom waar ons ‘n toilet vir die dogters moes bou. Daarna is ons gedril om parade te doen en ons het baie gehardloop. Ons het by vier verskillende ‘kursusse’ lesings gekry oor touwerk, parade, water en hoe om dit te kry, te suiwer en hoe om goed te marsjeer. Daarna het ons weer gedril en toe stap ons kamp toe waar ons verwelkom is, reëls bekendgemaak is en daarna geëet het. Na ete het ons tente opgeslaan en eers na 12 gaan slaap. Wonder wat gaan môre inhou?
Riaan Cilliers
Groep 4
Boere Vertellings
Soos in die tyd van die Voortrekkers het ek en my swaer Jan ystervarke en stinkmuishonde gaan jag met die dubbelloop haelgeweer. Uiteindelik sien my swaer Jan ‘n stinkmuishond. Sit ‘n patroon in die loop. Lê aan. Trek los.
En daar lê die stinkmuishond bene in die lug.
As in the time of the front pullers, me and my heavy Jan, went to hunt for ironpigs and stink mice dogs with a dubble walk hael gun. At last my heavy Jan see a stink mice dog. Puts a pattern in the walk. Lies on. Pulls loose. And there lies the stink mice dog bones in the light.
Noord, Oos, Suid, Wes … elkeen doen sy bes. Neef Malan is aan die gang … maar oe! Kaartwerk maak my bang! Sê nou maar ek verdwaal? Sal hulle my kom haal? Hopelik werk ons in ‘n groep want dan kan ek my maatjie roep. Gelukkig het hul ons mooi geleer en al wat nou voorlê is probeer x 3!
Groep 2 Meisies
Waar om te begin?
Dié kamp maak nog glad nie sin
Ons word vertel
van al die hel
maar die ‘suffer’ is nog min.
Die tyd word net al beter:
ons is saam, meter vir meter.
Ons rol deur die bosse
en ruik al soos osse;
ons sal dit nooit vergeter!
Ons weet ons gaan nog klippe kou
en vir kossies in die sand rondgrou
maar die lewe is lekker
as ‘n trotse Voortrekker
daarom sal ons tot die einde toe volhou!
Groep 1 Meisies
Aandprogram! Sing; sing; sing!
Leer nuwe liedjies. Soos? Die bekende kampbrief; Magaliesburgse Aandlied.
Dis hoe ons Sondagaand begin het.
Die aand het afgesluit met ‘n lesing oor die LIEFDE!
Is dit nou nie interessant nie?
“Verskoon my, dit was lekker, maar ek MOET nou gaan slaap!”
