So ek moet bieg: Ek was teleurgesteld in my nuwe offisier-ervaring op Lunsklip. Ek is nie meer ‘n
Selfie óf ‘n Varia-lid óf ‘n Sterretjie nie, en skielik moet ek myself (en ander) vermaak en werk doen(?).
Ek het half verwag om dieselfde ervaringe as my vorige jare op hierdie kamp te hê, tot ek besef het dat
my hele benadering verkeerd is: As offisier is jou plig nie teenoor jouself nie, maar teenoor die Verkenners
wat in jou sorg geplaas is. Die genot wat jy uit hierdie plig put mag dalk nie dieselfde wees as die genot wat
jy vroeër jare uit Verkennerwees geput het nie, maar ‘n genot is dit beslis. Dalk selfs ‘n dieper genot?
Maar saam met hierdie genot kom die verantwoordelikheid van gesag (ek vertrou elkeen vir hom- of haarself dit kan uitwerk …)
Ek kan my gesindheid teenoor Lunsklip ná afloop van my soetsappige innerlike worsteling dus beskryf as een van “Paying it forward.” Ek gaan van nou af poog om die Lunsklip-ervaring vir Verkenner kampeerders so goed en lekker te maak soos wat dit vir my eens was. Net soos al die ander eksverkenners op hierdie kamp.
Nina Rossouw
Bewaring
Lunsklip
Voortrekkers
Recent Comments
- Christoph Booysen on OnthouMeer
- Hendrilien on Keurgroepe 2011
- Hendrilien on KEURKAMP 2010
- Christo Strauss on OnthouMeer
- Ane Lombaard on Kampbriewe en vorms vir Lunsklip 2011
Aanhalings
“Hierdie tye leer ons om mededeelsaamheid tot lewensfilosofie te verhef. Wat die hemele ons skenk bo en behalwe ons karigste behoeftes, beskou ons as trustgoed wat ons moet aanwend ten bate van ons mede-broers in die verdrukking.”
deur Roland Schickerling - 13 Junie 1901, Hoe Ry die Boere - Joernaal uit die Tweede Vryheidstryd