Ek vir Jou…

Lunsklip het my vanjaar laat dink aan Chris Cameleon se CD “Ek vir jou.” Elke liedjie volg op die vorige een en stel die fases voor in ‘n verhouding tussen twee geliefdes.

“Eerste oogopslag” – Lunsklip slaan jou asem weg met die eerste ontmoeting; die veld, die mense, die tradisies.

“Ek dink ek hou van jou” – Hier begin die verliefdheid op ‘n kamp wat vol skoonheid is, baie gees en leiers van môre.

“Klein, klein jakkalsies” – Soms duik daar probleempies op wat maak dat jy ‘n kamp moet mis of vir die Selfies ‘n gebrek aan kos, baie reën en ver stap.

“Weer bymekaar” – Gelukkig kom ‘n mens oor die probleme en is jou liefde vir die kamp net sterker as tevore.

“Ek vir Jou” – As jy jou hart eers verloor op Lunsklip, sal jy enigiets doen om die kamp te laat lewe en ‘n verskil te maak.

Dit was vir my ‘n ongelooflike ervaring om vanjaar Groep 1 Meisies se offisier te wees – julle is almal sterre! En spesiaal vir julle die volgende stuk uit Amanda Strydom se liedjie:

“Verspreide donderbuie val nooit lank nie.
Verspreide donderbuie kom en gaan.
Die lig sal stadig deurbreek, die sterre sal bedaar.
Verspreide donderbuie vat nooit lank.”

Nig Ina-Mari

This entry was posted in 2008, Offisiere and tagged , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>