Toe Jesus sy dissipels geroep het om Hom te volg, het nie een van hulle gedink dat daar later aan hulle uitdagings gestel sou word wat alleen deur heldemoed aangepak sou kon word nie.
So is nie een van ons altyd bewus van hoeveel reserwes daar êrens in ons weggesteek lê nie. Totdat ‘n sekere situasie opduik en die leier in ons na vore kom. Die samelewing het vandag baie nood aan etiese leiers. Daarmee bedoel ek mense wat hulle nie laat rondgooi deur veranderende winde nie, maar beginselvas en koersvas lewe.
So ‘n persoon was Paulus – met sy filosofie om nie lughoue te slaan nie, maar sekuur te mik en raak te slaan.
Was jy al so ‘n leier? Waar en wanneer het jy jou eie grense oorskry en iets gedoen waaroor jy jou later skoon verbaas het?
Ons wêreld soek mense wat met ‘n morele kompas deur die lewe loop en die mensdom weer in die rigting van God lei. Vir my was dit in baie opsigte ‘n eerste Lunsklip en dit is met groot dankbaarheid teenoor elke offisier wat my bygestaan en bemoedig het.
Lunsklip het beslis vir my die geleentheid gebied om tydens die 2008 kamp MEER TE WEES.
Neem leiding, verantwoordelikheid en verseker ons toekoms.
Die Kampleier
Malan
PS: Dankie Jan

Ek is ‘n oud Lunsklipper uit die 80′s.
Ek wonder oor die Kampleier. Is dit Malan van die Noodweergroep van ongeveer 84/85?
Ja Herman, dit is inderdaad Malan le Roux van die Noodweergroep…