No Comments! Be The First!
“Hey julle, is dit musiek?”
Skepties, clueless en klein stap ons van die bus af. Soos gevangenes word ons vergesel. Daar word front shots geneem. Met ‘n graaf en beitel word ons stomgeslaan deur die seuns wat besig is om ons vyfster wildernis-badkamer vir die dag te bou.
Met ritme en passie mars ons in stilte na die kamp waar ons verwelkom word deur ‘n pragtige kers- en sangparade. Die aand het vinnig in die volgende dag gebreek, waar die tente met moeite, bloed en sweet opgeslaan was vir ‘n welverdiende nagrus.
Ja, ons eerste oggend op Lunsklip en ons word wakker met musiek in ons ore. Die vorige dag is nog vars in my geheue. Ons het gister op die bus geklim en geknyp vir ‘n vale (ons blase was vol).
Die middag is ons gedril en die lirieke is voorgelê. Die aand het met ‘n stap na die kamp en ‘n besoek aan die badkamer begin. Daarna is ons ordentlik welkom geheet. Tente opslaan het ons ‘n ewigheid geneem, maar ten syte daarvan en die koue, is ons slaap welkom geheet.
Groep 3 Meisies
Ja !!!
Vroeg opgestaan met die lekkerste saamdans musiek … Alles bekend !!
Ons doen PT en gaan mal. Die beste is dat ons elke oomblik daarvan geniet. Ons doen ‘jumps’, ‘rock ‘n roll moves’ en vele meer. Ons gaan tente toe om reg te maak vir ontbyt en godsdiens. Ons doen ons eerste volledige seremonie. Ons doen hom amper perfek … Ons tema is “Toekoms deur leierskap” en kry ‘n bybelvers wat ons meer sê oor Gideon en sy leierskap. Soos ons daar sit, grom ons elkeen se maag … een vir een … Ons het ‘n lekker keuse-ontbyt en begin toe met nog lesings. Ons begin by plantekennis, menseregte en slange. Ons kry ons HKV en gaan aan met lesings.
Sterre, karre en toe in die saal. Ongelukkig het ons nooit daar uitgekom nie - dit het woes begin reën. Ons het almal in die saal bymekaar gekom. Na ‘n rukkie se stilsit en praat, kom ons agter dat ons nie slote om ons tente het nie en kry toe grawe en begin kap in die reën.
Ons het betyds klaargekry en droog geword. Ons het lekker laggende speletjies in die saal gespeel. Toe kom die opwinding eers!! Ons het gestort in 40 sekondes. Nou, dit was opwinding tot op sy volste. Dit was nou vir jou ‘n lekker dag.
Groep 4 Meisies
Opgestaan met rave musiek gevolg deur “rock ‘n roll.” Stadig maar seker tree ons aan en dans op maat van die musiek. Ongelukkig was almal nie betyds nie. Ons staan BRUG en sê hard: “Ons suffer omdat ons maatjies jippo.”
Oor en oor, tot almal daar is. Ons doen ‘n “freaky” joga-ding en strek van bo, by ons middel kroontjie, tot onder by ons kleinste toontjie. Ons spring op en af en doen die uiters lekker streksessie.
Toe doen ons lynstaan: Drie … Hup! Een … Hup! Ons hou aan tot almal ?n beurt gekry het.
Sekere meisies het sommer besluit om te scrum! Ons tree uit om reg te maak vir tentinspeksie. Oppak, aantrek, klere ophang, die werke. En dan staan ons … Reg vir inspeksie. Ons tree aan vir vlagseremonie - ‘n opregte, ordentlike een.
Groep 4 Meisies
“Ketties”

