No Comments! Be The First!
Lekker lank… lekker nat…
Lekker lank
lekker nat
die watertjies het vêr gespat!
Almal vuil
wil-wil huil
sal nou in ‘n bed wil skuil.
Baie moeg
hard geswoeg
sal deur die probleme wroeg.
Afgesien van die sesuur wekker
was die dag verskriklik lekker.
Groep 1 Meisies
Uit die oog van ‘n Verkenner
06:00 “Is daar ‘n bestaan vir Punt Radio?”
Dreun die radio, eerste woorde vir ‘n koue Sondag 23 Maart. Na ‘n vinnige streksessie en so bietjie toutrek, is ons reg vir ons eerste egte Lunsklip seremonie.
Na ‘n vinnige ontbyt en ‘n inspirerende geloofsessie, begin ons met prettige, maar uitmuntende lesings - van menseregte tot maroelabome tot jou neurotoksiese slange. Vinnig gevolg deur ‘n HKV (heerlike klein versnapering) en ‘n reën-stort wat nog net Noag gesien het.
Die Selfbehouders spring in aksie en wys wat hulle kan doen. In ‘n japtrap is die kamp beveilig - niks wat ‘n Selfbehouder nie kan doen nie.
Groep 4 Seuns
Alurama’s
Storte: Voor ons Alurama’s op die kamp gekom het, was ons baie bekommerd oor ons gymprogram, maar neef Cronjé en Abraham het ons vinnig gewys ons gaan topfiks en goed gespierd terugkeer huis toe!
WOW!!! : Genoeg gesê!
Terwyl al die offisiere slaap moet ons saam met die TAAKMAG op Rocky-Eye-of-the-Tiger boks en ‘strek’ oefeninge doen.
Die lekkerste ontbyt … oats, weetbix of graanvlokkies - met vrugte natuurlik. Ons geniet die smullekker grondboontjiebotter en ‘jam’. Dan kom die pottewas. Ja, ons is op kombuisdiens. Ons het vinnig gewas en nou het ons lekker ouma-hande. Nou kom ons in die saal bymekaar vir nog ‘n paar lesings. Ons eerste lesing oor die tweede deel van leierskap. Ons tweede lesing oor meganika … kar in die modder … wildrit-na-reën krisis situasie nommer een. So ons begin met tou en pulleys om die kar uit die modder te kry. Wonder bo wonder … Nee wag, nie rêrig nie, ons het vier seuns van groep 1 gebruik om die kar (wat ‘n paar keer gerem was) uit die modder te kry. Vir ons derde lesing doen ons noodhulp en leer ‘n bietjie ons ABC’s en haak vas by H, H, H. Ons leer van die Heimlighmanouver en ons leer van slangbyte, spinnekopbyte en enkelswikking. Ons sluit af met ‘n uitstekende vlagparade net voor ete. En probeer ons beste om op tyd oral uit te kom …
Groep 4 Meisies

