No Comments! Be The First!
MAGALIESBURGSE AANDLIED
Geplaas Deur red
Woorde: G.G. CILLIÉ
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: G.G. CILLIÉ
Hoed my as ek my gaan neerlê,
grote God, wat altyd waak.
O, beskerm my deur u Almag
as die kwade my genaak.
O, vergeef my al my sondes,
dan lê ek my hofie neer.
Dood of hel sal ek nie vrees nie
want U is my Rotssteen, Heer.
Neem my ouers en my vriende
in bewaring hierdie nag.
Môre dank ons U vir goedheid,
gawe van ‘n nuwe dag.
Melodie soos opgeteken deur G.G. CILLIÉ in 1950 in die huis van oom Frans Fouché, Doornhoek, P.K. Maanhaarrand, Magaliesburg.
http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/woorde/395.txt
Apr 15th, 2008

