Woorde: G.G. CILLIÉ
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: G.G. CILLIÉ
Hoed my as ek my gaan neerlê,
grote God, wat altyd waak.
O, beskerm my deur u Almag
as die kwade my genaak.
O, vergeef my al my sondes,
dan lê ek my hofie neer.
Dood of hel sal ek nie vrees nie
want U is my Rotssteen, Heer.
Neem my ouers en my vriende
in bewaring hierdie nag.
Môre dank ons U vir goedheid,
gawe van ‘n nuwe dag.
Melodie soos opgeteken deur G.G. CILLIÉ in 1950 in die huis van oom Frans Fouché, Doornhoek, P.K. Maanhaarrand, Magaliesburg.
http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/woorde/395.txt
Baie dankie vir die woorde! Het enige iemand die woorde vir die Blyde lied…nie ‘O Heer my God’ nie. Dis mos dieselfde wysie maar met die oorspronklike Voortrekker woorde. EK soek oorals en kry niks. Help ASB!
OH LORD MY GOD
Oh Lord my God, when I’m in awsome wonder
Consider all the works Thy hands hath made;
I see the stars, I hear the roaring thunder -
Thy power throughout the universe displayed.
CHORUS
Then sings my soul, my Saviour God to Thee, (2x)
How great Thou art; (2x)
And when I think that God
His son not sparing
Sent Him to die, I scarce
can take it in;
That on the cross, my burden
gladly bearing -
He bled and died, to take
away my sin.
When Christ shall come with
shouts of acclomation
And take me home, what joy
shall fill my heart.
Then I shall now in humble
adoration
And then proclaim: My God, how great Thou art:
O HEER MY GOD (trad: nuwe verw/Freda Francis)
O HEER MY GOD – AS EK IN EERBIED WONDER
EN AL U WERKE – ELKE DAG AANSKOU
DIE SON EN MAAN – DIE AARDE, STERRE, WOLKE
HOE U DIT ELKE DAG – SO ONDERHOU
KOOR: DAN MOET EK JUIG
MY REDDER EN MY GOD
HOE GROOT IS U
HOE GROOT IS U
WANT DEUR DIE HELE SKEPPING KLINK DIT SAAM
HOE HEERLIK HEER U GROTE NAAM
EK SIEN DIE VELD – DIE BOSSE, BERGE, VLAKTES
EK HOOR HOE FLUISTER – GRASSE, BOOM EN WIND
O HEER U SORG – VIR KLEIN VIR GROOT VIR ALLES
EN U SORG ELKE DAG – VIR MY U KIND
KOOR:
U SEUN WORD MENS – IN ONS GEBROKE WÊRELD
KOM VESTIG HY – SY KONINGS HEERSKAPPY
HY MAAK WEER REG – WAT SONDE HIER GESKEND HET
HY BRING WEER HOOP – EN REDDING OOK VIR MY
Die O Heer My God het ek op die net gekry, onder http://www.Freda Francis.co.za . Ek moes dit seker net in “………..” gesit het, maar weet niehoe dit altyd werk nie. Is maar net ‘n pensionaris. Nou ja hier is die “………” vir O Heer My GOd
Hier is hy vir die watnog soek
Die Blydelied
O Heer as ek, verstom en stil beskeie,
Die wonders van U handewerk aanskou
Ek klim die berge, stap in stil valleie
Ek sien U skepping voor my oog ontvou
Refrein
Dan hef my siel spontaan ‘n loflied aan
Hoe groot is God, hoe groot is Hy
Dan hef my siel spontaan ‘n loflied aan
Want hierdie God dink ook aan my
Ek voel hoe streel die grassaad teen my hande
Sien kranse toring teen die hemelblou
Ek hoor die weerklink met voëlgesange
Sien blomme blink met vroeë moredou.
Refrein
Ek soek die bladmusiek van die lied, sal u my kan help .
Baie dankie.
Is daar enige iemand wat vir my kan help met die musiek van die “Magaliesburgse Aandlied” asb?
Hierdie bewoording is volgens my kennis nie korrek nie. My oupa was Fanie Coetzee en oom Frans Fouchè was oupa se neef. Ons het as kinders die lied heel dikwels saam gesing in die ou Afrikaans-Hollands woorde. Ek het ‘n blaai uit ‘n skryfblok in my besit waarop my oorlede pa nog in sy eie handskrif die lied in Hollands neergeskryf het. Die lied was waarskynlik ‘n ou Hollandse gediggie wat deur my familie uit Holland hierheen gebring is en wat waarskynlik vantevore soos ‘n gebed gebruik was. Prof Cillie het raakgeloop en toe getoonset. Hier onder volg die woorde soos wat ons dit gesing het en soos wat my pa dit neergeskryf het. Ek was nie seker of my pa se spelling korrek was nie en het ‘n Hollandssprekende vriend gevra om net die nodige korreksies aan te bring indien nodig. Daar was enkele woorde wat volgens hom net nie korrek gespel was nie, maar aan die res is daar niks verander nie.
Leg my om te slapen neder
Goede God die altyd waakt
Wil my in u gunst bewaren
Als het kwade my genaakt.
Ach vergeef my al myn sonden
Dan leg ik my hooft hier neer,
Dan doet die dood nog hel my vrezen
Want gy zyt myn heil o Heer.
Neemt my ouers en my vrienden
En bewaar hen dezen nacht
Opdat morgen by die ontwaken
U die lof zy toegebracht
U kan die bladmusiek kry in die FAK sangbundel.