No Comments! Be The First!
Boerevertellings en ander…
Na ‘n vroeë aand slapie staan ‘n goed toegeruste Selfbehoudgroep op om die dag ten volle te benut. Na ‘n asemrowende oefening sit die Selfies in diep gedagte - beter bekend as slaap - terwyl die raakvat seremonie oor 2008 se Lunsklip Voortrekkerkontrei plaasvind. Vinnig sit die Selfies gretig en opreg vir hulle lesings en kookwarm sessies,
wat sommer so gevolg word deur ‘n “Helse klein versnapering” - die lewe is hard vir ‘n Selfbehouder …
Groep 1 Meisies
Ons het in Potch gery en oorgeklim op die bus by Pretoria. Na ‘n baie lang busrit het ons by die kamp aangekom waar ons ‘n toilet vir die dogters moes bou. Daarna is ons gedril om parade te doen en ons het baie gehardloop. Ons het by vier verskillende ‘kursusse’ lesings gekry oor touwerk, parade, water en hoe om dit te kry, te suiwer en hoe om goed te marsjeer. Daarna het ons weer gedril en toe stap ons kamp toe waar ons verwelkom is, reëls bekendgemaak is en daarna geëet het. Na ete het ons tente opgeslaan en eers na 12 gaan slaap. Wonder wat gaan môre inhou?
Riaan Cilliers
Groep 4
Boere Vertellings
Soos in die tyd van die Voortrekkers het ek en my swaer Jan ystervarke en stinkmuishonde gaan jag met die dubbelloop haelgeweer. Uiteindelik sien my swaer Jan ‘n stinkmuishond. Sit ‘n patroon in die loop. Lê aan. Trek los.
En daar lê die stinkmuishond bene in die lug.
As in the time of the front pullers, me and my heavy Jan, went to hunt for ironpigs and stink mice dogs with a dubble walk hael gun. At last my heavy Jan see a stink mice dog. Puts a pattern in the walk. Lies on. Pulls loose. And there lies the stink mice dog bones in the light.
Noord, Oos, Suid, Wes … elkeen doen sy bes. Neef Malan is aan die gang … maar oe! Kaartwerk maak my bang! Sê nou maar ek verdwaal? Sal hulle my kom haal? Hopelik werk ons in ‘n groep want dan kan ek my maatjie roep. Gelukkig het hul ons mooi geleer en al wat nou voorlê is probeer x 3!
Groep 2 Meisies
Waar om te begin?
Dié kamp maak nog glad nie sin
Ons word vertel
van al die hel
maar die ‘suffer’ is nog min.
Die tyd word net al beter:
ons is saam, meter vir meter.
Ons rol deur die bosse
en ruik al soos osse;
ons sal dit nooit vergeter!
Ons weet ons gaan nog klippe kou
en vir kossies in die sand rondgrou
maar die lewe is lekker
as ‘n trotse Voortrekker
daarom sal ons tot die einde toe volhou!
Groep 1 Meisies
Aandprogram! Sing; sing; sing!
Leer nuwe liedjies. Soos? Die bekende kampbrief; Magaliesburgse Aandlied.
Dis hoe ons Sondagaand begin het.
Die aand het afgesluit met ‘n lesing oor die LIEFDE!
Is dit nou nie interessant nie?
“Verskoon my, dit was lekker, maar ek MOET nou gaan slaap!”

