Stortbeurte en Koudkry…

Geplaas Deur red

Selfbehoud al kry jy koud …

Vandag is kamp-Sondag en ons begin die dag met ‘n lekker laatslaap. Ons het ‘n ongelooflike mooi vlagparade gehad. Ons smul aan ‘n misterieuse kleurvolle ontbyt. Wel misterieus wat die melk betref … Pienk, blou, geel en groen terwyl die bokse nog toe is. Hulle het seker die koeie Nesquik gevoer. Ons word verras met ‘n stap-vir-stap verduideliking van watergeveg - en nogal prakties ook.
Die offisiere het natuurlik gewen. Ons het ‘n ordentlike lekker uur middagslapie ingekry. Ons het met almal gebond en in die son gelê en droog word.
In die saal het ons ‘n lesing oor sukses gehad. Ons middagete was heerlik! Ons het nog ‘n lekker uur afgehad en toe na die mooiste foto’s van die heelal gekyk. Toe word ons nog lekker bederf met jellie en vla. Ons kry ‘n lesing oor wat ons alles moet inpak en wat nie. Aandete was natuurlik baie lekker en vir ons voorberei deur die offisiere. En die grootste verrassing van alles was die wolke wat ewe skielik toegetrek het.
Groep 4 Meisies
Ketties


Uiteindelik het ons geleer
wat al daai kyke stilweg beweer
Lyftaal is geen grap
alle denke word verklap.
Sonder tou en pulley
kan jy geen kar uit die modder boelie
Voorheen was ons hulpeloos
maar met al dié kennis is ons ‘n baie slim kroos.
In die veld, sonder kompas
is ons soos’n skip sonder mas.
Om nie noodhulp te leer, is ‘n las
so onthou mooi, want lyke is kras.

Suzanne, Corneli, Jenna, Marie
Marulas


Operasie Stortbeurt
Doel: Verwyder alle volksvreemde artikels van die menslike liggaam.
Hipotese: Doel gaan slegs rofweg uitgevoer word.
Apparaat:
Stophorlosie
Noodsaaklike bakterieë
Reinigingsmiddels (AKA seep)
Akkuraat gespasieerde lemme om die effektiefste gevoel van vroulikheid te verseker.
Metode:
1. Na deeglike oordenking prioritiseer só dat die hele liggaam gereinig word.
2. Ontklee die liggaam en maak gereed vir ‘n wrede geveg om jou tyd te verseker.
3. Reageer op fluit en voer beplande skedule met oorgawe en entoesiasme uit. O, en geniet dit!
4. Vertraag endsnelheid aansienlik om ‘n toestand van dinamiese ewewig te bereik waarna die liggaam tot ‘n mate van beskawing geklee word.
5. Stap met alle benodighede en ‘n trots houding na u habitat terug.
Waarneming:
Vars reuk vind homself skielik in die neusholte.
Resultaat: Skielik praat mense weer met jou en jou algemene selfvertroue kry ‘n hupstoot.
Gevolgtrekking: Die menslike liggaam is gereinig en eintlik was dit VET PRET

May 31st, 2008

No Comments! Be The First!

Antwoord hierdie kommentaar

Login