Vriende van Percy Fyfe: Stigtingsvergadering amper afgebrand…

Geplaas Deur red

Ek het gemengde gevoelens. Aan die een kant is daar slegte nuus maar aan die ander is daar groot geleentheid.

Eers die slegte kant: Lunsklip kampterrein is die afgelope twee dae gedeeltelik vernietig in ‘n veldbrand wat buite beheer geraak het. Ons weet nog nie wat die omvang van die skade is nie maar dis so erg dat ons nie die terrein kan gebruik om die naweek te gaan kamp met die stigting van die vriendegroep nie.

Geleentheid: Die doel van ons vriendegroep is juis om by sulke soort “projekte” betrokke te raak. Ons geleentheid is dus om nou juis hiervan ‘n projek te maak. Soos die reservaat bestuurder sê: “Alles gebeur met ‘n doel. Die veldbrand het nou alles vernietig. Nou kan ons dit verf soos ons dit wil hê.”

Ons stigtingsvergadering gaan dus voort soos beplan maar daar sal NIE OP LUNSKLIP GEKAMP WORD HIERDIE NAWEEK NIE. Ons sal wel later geleentheid skep.

Ek wil jou dus vra om asseblief steeds die stigtingsvergadering te kom bywoon komende SATERDAG 19-09-09 10:00 BY DIE WILDBEWAARDER SE HUIS. Daar is heelwat van ons wat daar sal wees. Ons kan dan ook met ons eie oë sien hoe groot die skade is.

As jy vrae of voorstelle het, reël dit. Ek sien jou daar.

Vriendelike groete,

Gustaf

Sep 15th, 2009

Een kommentaar to 'Vriende van Percy Fyfe: Stigtingsvergadering amper afgebrand…'

Skryf in op die Kommentaar met RSS or TrackBack to 'Vriende van Percy Fyfe: Stigtingsvergadering amper afgebrand…'.

  1. Willem Jacobs said,

    Gus

    Te laat gehoor van die inisiatief wat geloods gaan word. Wat was die uitkoms van die vergadering. Ek glo dit was vir eers ‘n loodsvergadering met nog vergaderings wat gehou gaan word.
    Hoor graag van die dag se gebeure.

    Willem

:: Trackbacks/Pingbacks ::

No Trackbacks/Pingbacks

Antwoord hierdie kommentaar

Login