Bewaring
Lunsklip
Voortrekkers
Recent Comments
- Christoph Booysen on OnthouMeer
- Hendrilien on Keurgroepe 2011
- Hendrilien on KEURKAMP 2010
- Christo Strauss on OnthouMeer
- Ane Lombaard on Kampbriewe en vorms vir Lunsklip 2011
Aanhalings
“Die gewyde majesteit van die dagbreek oor die veld! Dis 'n wonderlike belewenis om die yl, donsige wolkies te sien verkleur van swart na purper, van purper na rooi, goud, oranje, rooskleurig en wit; om die verheffende gevoel te kry en die lewensbloed deur jou are te voel bruis; die koel, doubelaaide lug in jou neus, verkwiklik en welriekend. Jy is een met die lewe en die skepping terwyl jy voortry oor die ontwakende veld en die wuiwende nat gras van die rante en vlaktes. Dis anders as die ewe pragtige sonsondergang wat 'n dag afsluit, 'n afmattende reis ten einde bring, en jou laat dink aan die einde en die dood in plaas van die vars en fris begin van die lewe vol verwagtings en hoop. Die aanbreek van 'n nuwe dag oor die veld laat hoop en emosies en ambisies in jou ontsluimer soos niks anders dit doen nie. 'n Mens leef in harmonie met die skepping en voel te veel soos die verhewe wese waarin ons besig is om te ontwikkel, om jag te maak op die verskrikte veld-diere wat wegdraf of in hulle gate terugvlug.”
deur Roland Schickerling - 13 Augustus 1901, Hoe Ry die Boere - Joernaal uit die Tweede Vryheidstryd
Tag Archives: 2008
Keurkamp 2008 Uitslae
Liewe Verkenner, Baie geluk aan die volgende keurgroeplede vir Lunsklip 2009! Annemarie Olivier Buitegroep Magde-Mari Greeff Buitegroep Marie Lombard Buitegroep Karien Van Niekerk Buitegroep Jenna Barnardt Buitegroep Jana Roos Buitegroep Zelda Vd Walt Buitegroep Yolandi Laubscher Buitegroep Janine Laubser Buitegroep … Continue reading
Stortbeurte en Koudkry…
Selfbehoud al kry jy koud … Vandag is kamp-Sondag en ons begin die dag met ‘n lekker laatslaap. Ons het ‘n ongelooflike mooi vlagparade gehad. Ons smul aan ‘n misterieuse kleurvolle ontbyt. Wel misterieus wat die melk betref … Pienk, … Continue reading
Boerevertellings en ander…
Na ‘n vroeë aand slapie staan ‘n goed toegeruste Selfbehoudgroep op om die dag ten volle te benut. Na ‘n asemrowende oefening sit die Selfies in diep gedagte – beter bekend as slaap – terwyl die raakvat seremonie oor 2008 … Continue reading
Waar is daardie slideshows?
Die “videos” wat julle gesien het op die kamp kan nou afgelaai word. Onthou asb dat dit baie groot files is en jy dalk eers vir pa/ma moet vra of jy dit maar kan aflaai. Daar is 4 episodes. Die … Continue reading
Selfbehoud
Selfbehoud … Dié woord maak ons benoud ons het gekom met benoude bene en dadelik begin met die dag se bedrywighede Ons leer mekaar nog uur vir uur ken en probeer om boontjies van neef Cronjé te wen Alhoewel die … Continue reading
Olifantjies
Bertus en Albertien van Heerden behoort aan oom Jan en tannie Janie en woon in Pretoria. De Wet en Marlize le Roux is neef Malan en tannie Lizelle se kinders en kom van Potchefstroom af. Bertus kamp nou al twaalf … Continue reading
Sondag by Sterretjies
Na middagete het ons lesinggewer, meneer Chris Reynecke, hom skielik uit die voete gemaak. Dus moes ons twee-liggaambrein- aanbieder die interessante vuurlesing uitdink … Net jammer dat meneer Louis die foutjie begaan het om die gras langs die verhoog óók … Continue reading
Word ‘n Leier
Toe Jesus sy dissipels geroep het om Hom te volg, het nie een van hulle gedink dat daar later aan hulle uitdagings gestel sou word wat alleen deur heldemoed aangepak sou kon word nie. Continue reading