Bewaring
Lunsklip
Voortrekkers
Recent Comments
- Christoph Booysen on OnthouMeer
- Hendrilien on Keurgroepe 2011
- Hendrilien on KEURKAMP 2010
- Christo Strauss on OnthouMeer
- Ane Lombaard on Kampbriewe en vorms vir Lunsklip 2011
Aanhalings
“Hierdie tye leer ons om mededeelsaamheid tot lewensfilosofie te verhef. Wat die hemele ons skenk bo en behalwe ons karigste behoeftes, beskou ons as trustgoed wat ons moet aanwend ten bate van ons mede-broers in die verdrukking.”
deur Roland Schickerling - 13 Junie 1901, Hoe Ry die Boere - Joernaal uit die Tweede Vryheidstryd
Tag Archives: Selfbehoud
Stortbeurte en Koudkry…
Selfbehoud al kry jy koud … Vandag is kamp-Sondag en ons begin die dag met ‘n lekker laatslaap. Ons het ‘n ongelooflike mooi vlagparade gehad. Ons smul aan ‘n misterieuse kleurvolle ontbyt. Wel misterieus wat die melk betref … Pienk, … Continue reading
Boerevertellings en ander…
Na ‘n vroeë aand slapie staan ‘n goed toegeruste Selfbehoudgroep op om die dag ten volle te benut. Na ‘n asemrowende oefening sit die Selfies in diep gedagte – beter bekend as slaap – terwyl die raakvat seremonie oor 2008 … Continue reading
Waar is daardie slideshows?
Die “videos” wat julle gesien het op die kamp kan nou afgelaai word. Onthou asb dat dit baie groot files is en jy dalk eers vir pa/ma moet vra of jy dit maar kan aflaai. Daar is 4 episodes. Die … Continue reading
Lekker lank… lekker nat…
Lekker lank lekker nat die watertjies het vêr gespat! Almal vuil wil-wil huil sal nou in ‘n bed wil skuil. Baie moeg hard geswoeg sal deur die probleme wroeg. Afgesien van die sesuur wekker was die dag verskriklik lekker. Groep … Continue reading
“Hey julle, is dit musiek?”
Skepties, clueless en klein stap ons van die bus af. Soos gevangenes word ons vergesel. Daar word front shots geneem. Met ‘n graaf en beitel word ons stomgeslaan deur die seuns wat besig is om ons vyfster wildernis-badkamer vir die … Continue reading
Selfbehoud
Selfbehoud … Dié woord maak ons benoud ons het gekom met benoude bene en dadelik begin met die dag se bedrywighede Ons leer mekaar nog uur vir uur ken en probeer om boontjies van neef Cronjé te wen Alhoewel die … Continue reading
Noodwendig Musiek
‘n Noot vir die aankoms om onsekerheid te kul. ‘n Noot vir al die stapwerk ‘n noot vir al die dril. ‘n Noot vir plesier – een vir Afrikaans ‘n noot wat voet kriewel tot dit deftig dans. ‘n Noot … Continue reading
Liewe Selfbehouder
Dankie dat jy Lunsklip gekies het. Dankie dat jy kreatief was, dat jy opgewonde was, dat jy hard gewerk het. Dankie dat jy uitgehou en aangehou het. Dankie dat jy om verskoning gevra het. Dankie dat jy my op my … Continue reading
Liewe Lunsklip
Dit was vroegmiddag toe ek van die teerpad afgedraai het. Ek het by die spoorweg-oorgang gewag dat die trein verbyry voor ek op jou bekende grondpaaie gekronkel het tussen die klipkoppies en maroelabome deur. Vlagkoppie staan trots in die vlakte. Met die indraai agter die vlagpale, lê die vreugde vlak in my oë. Continue reading
Word ‘n Leier
Toe Jesus sy dissipels geroep het om Hom te volg, het nie een van hulle gedink dat daar later aan hulle uitdagings gestel sou word wat alleen deur heldemoed aangepak sou kon word nie. Continue reading