lunsklip.org.za » Selfbehoud
Stortbeurte en Koudkry…
Selfbehoud al kry jy koud …
Vandag is kamp-Sondag en ons begin die dag met ‘n lekker laatslaap. Ons het ‘n ongelooflike mooi vlagparade gehad. Ons smul aan ‘n misterieuse kleurvolle ontbyt. Wel misterieus wat die melk betref … Pienk, blou, geel en groen terwyl die bokse nog toe is. Hulle het seker die koeie Nesquik gevoer. Ons word verras met ‘n stap-vir-stap verduideliking van watergeveg – en nogal prakties ook.
Die offisiere het natuurlik gewen. Ons het ‘n ordentlike lekker uur middagslapie ingekry. Ons het met almal gebond en in die son gelê en droog word.
In die saal het ons ‘n lesing oor sukses gehad. Ons middagete was heerlik! Ons het nog ‘n lekker uur afgehad en toe na die mooiste foto’s van die heelal gekyk. Toe word ons nog lekker bederf met jellie en vla. Ons kry ‘n lesing oor wat ons alles moet inpak en wat nie. Aandete was natuurlik baie lekker en vir ons voorberei deur die offisiere. En die grootste verrassing van alles was die wolke wat ewe skielik toegetrek het.
Groep 4 Meisies
Ketties
Uiteindelik het ons geleer
wat al daai kyke stilweg beweer
Lyftaal is geen grap
alle denke word verklap.
Sonder tou en pulley
kan jy geen kar uit die modder boelie
Voorheen was ons hulpeloos
maar met al dié kennis is ons ‘n baie slim kroos.
In die veld, sonder kompas
is ons soos’n skip sonder mas.
Om nie noodhulp te leer, is ‘n las
so onthou mooi, want lyke is kras.
Suzanne, Corneli, Jenna, Marie
Marulas
Operasie Stortbeurt
Doel: Verwyder alle volksvreemde artikels van die menslike liggaam.
Hipotese: Doel gaan slegs rofweg uitgevoer word.
Apparaat:
Stophorlosie
Noodsaaklike bakterieë
Reinigingsmiddels (AKA seep)
Akkuraat gespasieerde lemme om die effektiefste gevoel van vroulikheid te verseker.
Metode:
1. Na deeglike oordenking prioritiseer só dat die hele liggaam gereinig word.
2. Ontklee die liggaam en maak gereed vir ‘n wrede geveg om jou tyd te verseker.
3. Reageer op fluit en voer beplande skedule met oorgawe en entoesiasme uit. O, en geniet dit!
4. Vertraag endsnelheid aansienlik om ‘n toestand van dinamiese ewewig te bereik waarna die liggaam tot ‘n mate van beskawing geklee word.
5. Stap met alle benodighede en ‘n trots houding na u habitat terug.
Waarneming:
Vars reuk vind homself skielik in die neusholte.
Resultaat: Skielik praat mense weer met jou en jou algemene selfvertroue kry ‘n hupstoot.
Gevolgtrekking: Die menslike liggaam is gereinig en eintlik was dit VET PRET
Boerevertellings en ander…
Na ‘n vroeë aand slapie staan ‘n goed toegeruste Selfbehoudgroep op om die dag ten volle te benut. Na ‘n asemrowende oefening sit die Selfies in diep gedagte – beter bekend as slaap – terwyl die raakvat seremonie oor 2008 se Lunsklip Voortrekkerkontrei plaasvind. Vinnig sit die Selfies gretig en opreg vir hulle lesings en kookwarm sessies,
wat sommer so gevolg word deur ‘n “Helse klein versnapering” – die lewe is hard vir ‘n Selfbehouder …
Groep 1 Meisies
Ons het in Potch gery en oorgeklim op die bus by Pretoria. Na ‘n baie lang busrit het ons by die kamp aangekom waar ons ‘n toilet vir die dogters moes bou. Daarna is ons gedril om parade te doen en ons het baie gehardloop. Ons het by vier verskillende ‘kursusse’ lesings gekry oor touwerk, parade, water en hoe om dit te kry, te suiwer en hoe om goed te marsjeer. Daarna het ons weer gedril en toe stap ons kamp toe waar ons verwelkom is, reëls bekendgemaak is en daarna geëet het. Na ete het ons tente opgeslaan en eers na 12 gaan slaap. Wonder wat gaan môre inhou?
Riaan Cilliers
Groep 4
Boere Vertellings
Soos in die tyd van die Voortrekkers het ek en my swaer Jan ystervarke en stinkmuishonde gaan jag met die dubbelloop haelgeweer. Uiteindelik sien my swaer Jan ‘n stinkmuishond. Sit ‘n patroon in die loop. Lê aan. Trek los.
En daar lê die stinkmuishond bene in die lug.
As in the time of the front pullers, me and my heavy Jan, went to hunt for ironpigs and stink mice dogs with a dubble walk hael gun. At last my heavy Jan see a stink mice dog. Puts a pattern in the walk. Lies on. Pulls loose. And there lies the stink mice dog bones in the light.
Noord, Oos, Suid, Wes … elkeen doen sy bes. Neef Malan is aan die gang … maar oe! Kaartwerk maak my bang! Sê nou maar ek verdwaal? Sal hulle my kom haal? Hopelik werk ons in ‘n groep want dan kan ek my maatjie roep. Gelukkig het hul ons mooi geleer en al wat nou voorlê is probeer x 3!
Groep 2 Meisies
Waar om te begin?
Dié kamp maak nog glad nie sin
Ons word vertel
van al die hel
maar die ‘suffer’ is nog min.
Die tyd word net al beter:
ons is saam, meter vir meter.
Ons rol deur die bosse
en ruik al soos osse;
ons sal dit nooit vergeter!
Ons weet ons gaan nog klippe kou
en vir kossies in die sand rondgrou
maar die lewe is lekker
as ‘n trotse Voortrekker
daarom sal ons tot die einde toe volhou!
Groep 1 Meisies
Aandprogram! Sing; sing; sing!
Leer nuwe liedjies. Soos? Die bekende kampbrief; Magaliesburgse Aandlied.
Dis hoe ons Sondagaand begin het.
Die aand het afgesluit met ‘n lesing oor die LIEFDE!
Is dit nou nie interessant nie?
“Verskoon my, dit was lekker, maar ek MOET nou gaan slaap!”
Waar is daardie slideshows?
Die “videos” wat julle gesien het op die kamp kan nou afgelaai word. Onthou asb dat dit baie groot files is en jy dalk eers vir pa/ma moet vra of jy dit maar kan aflaai. Daar is 4 episodes. Die skakels volg.
Episode 1 (20MiB)
Episode 2 (7MiB)
Episode 3 (14MiB)
Episode 4 (32MiB)
Dis is dus altesaam omtrent 75MiB groot.
Geniet dit.
Lekker lank… lekker nat…
Lekker lank
lekker nat
die watertjies het vêr gespat!
Almal vuil
wil-wil huil
sal nou in ‘n bed wil skuil.
Baie moeg
hard geswoeg
sal deur die probleme wroeg.
Afgesien van die sesuur wekker
was die dag verskriklik lekker.
Groep 1 Meisies
Uit die oog van ‘n Verkenner
06:00 “Is daar ‘n bestaan vir Punt Radio?”
Dreun die radio, eerste woorde vir ‘n koue Sondag 23 Maart. Na ‘n vinnige streksessie en so bietjie toutrek, is ons reg vir ons eerste egte Lunsklip seremonie.
Na ‘n vinnige ontbyt en ‘n inspirerende geloofsessie, begin ons met prettige, maar uitmuntende lesings – van menseregte tot maroelabome tot jou neurotoksiese slange. Vinnig gevolg deur ‘n HKV (heerlike klein versnapering) en ‘n reën-stort wat nog net Noag gesien het.
Die Selfbehouders spring in aksie en wys wat hulle kan doen. In ‘n japtrap is die kamp beveilig – niks wat ‘n Selfbehouder nie kan doen nie.
Groep 4 Seuns
Alurama’s
Storte: Voor ons Alurama’s op die kamp gekom het, was ons baie bekommerd oor ons gymprogram, maar neef Cronjé en Abraham het ons vinnig gewys ons gaan topfiks en goed gespierd terugkeer huis toe!
WOW!!! : Genoeg gesê!
Terwyl al die offisiere slaap moet ons saam met die TAAKMAG op Rocky-Eye-of-the-Tiger boks en ‘strek’ oefeninge doen.
Die lekkerste ontbyt … oats, weetbix of graanvlokkies – met vrugte natuurlik. Ons geniet die smullekker grondboontjiebotter en ‘jam’. Dan kom die pottewas. Ja, ons is op kombuisdiens. Ons het vinnig gewas en nou het ons lekker ouma-hande. Nou kom ons in die saal bymekaar vir nog ‘n paar lesings. Ons eerste lesing oor die tweede deel van leierskap. Ons tweede lesing oor meganika … kar in die modder … wildrit-na-reën krisis situasie nommer een. So ons begin met tou en pulleys om die kar uit die modder te kry. Wonder bo wonder … Nee wag, nie rêrig nie, ons het vier seuns van groep 1 gebruik om die kar (wat ‘n paar keer gerem was) uit die modder te kry. Vir ons derde lesing doen ons noodhulp en leer ‘n bietjie ons ABC’s en haak vas by H, H, H. Ons leer van die Heimlighmanouver en ons leer van slangbyte, spinnekopbyte en enkelswikking. Ons sluit af met ‘n uitstekende vlagparade net voor ete. En probeer ons beste om op tyd oral uit te kom …
Groep 4 Meisies
“Hey julle, is dit musiek?”
Skepties, clueless en klein stap ons van die bus af. Soos gevangenes word ons vergesel. Daar word front shots geneem. Met ‘n graaf en beitel word ons stomgeslaan deur die seuns wat besig is om ons vyfster wildernis-badkamer vir die dag te bou.
Met ritme en passie mars ons in stilte na die kamp waar ons verwelkom word deur ‘n pragtige kers- en sangparade. Die aand het vinnig in die volgende dag gebreek, waar die tente met moeite, bloed en sweet opgeslaan was vir ‘n welverdiende nagrus.
Ja, ons eerste oggend op Lunsklip en ons word wakker met musiek in ons ore. Die vorige dag is nog vars in my geheue. Ons het gister op die bus geklim en geknyp vir ‘n vale (ons blase was vol).
Die middag is ons gedril en die lirieke is voorgelê. Die aand het met ‘n stap na die kamp en ‘n besoek aan die badkamer begin. Daarna is ons ordentlik welkom geheet. Tente opslaan het ons ‘n ewigheid geneem, maar ten syte daarvan en die koue, is ons slaap welkom geheet.
Groep 3 Meisies
Ja !!!
Vroeg opgestaan met die lekkerste saamdans musiek … Alles bekend !!
Ons doen PT en gaan mal. Die beste is dat ons elke oomblik daarvan geniet. Ons doen ‘jumps’, ‘rock ‘n roll moves’ en vele meer. Ons gaan tente toe om reg te maak vir ontbyt en godsdiens. Ons doen ons eerste volledige seremonie. Ons doen hom amper perfek … Ons tema is “Toekoms deur leierskap” en kry ‘n bybelvers wat ons meer sê oor Gideon en sy leierskap. Soos ons daar sit, grom ons elkeen se maag … een vir een … Ons het ‘n lekker keuse-ontbyt en begin toe met nog lesings. Ons begin by plantekennis, menseregte en slange. Ons kry ons HKV en gaan aan met lesings.
Sterre, karre en toe in die saal. Ongelukkig het ons nooit daar uitgekom nie – dit het woes begin reën. Ons het almal in die saal bymekaar gekom. Na ‘n rukkie se stilsit en praat, kom ons agter dat ons nie slote om ons tente het nie en kry toe grawe en begin kap in die reën.
Ons het betyds klaargekry en droog geword. Ons het lekker laggende speletjies in die saal gespeel. Toe kom die opwinding eers!! Ons het gestort in 40 sekondes. Nou, dit was opwinding tot op sy volste. Dit was nou vir jou ‘n lekker dag.
Groep 4 Meisies
Opgestaan met rave musiek gevolg deur “rock ‘n roll.” Stadig maar seker tree ons aan en dans op maat van die musiek. Ongelukkig was almal nie betyds nie. Ons staan BRUG en sê hard: “Ons suffer omdat ons maatjies jippo.”
Oor en oor, tot almal daar is. Ons doen ‘n  “freaky” joga-ding en strek van bo, by ons middel kroontjie, tot onder by ons kleinste toontjie. Ons spring op en af en doen die uiters lekker streksessie.
Toe doen ons lynstaan: Drie … Hup! Een … Hup! Ons hou aan tot almal ?n beurt gekry het.
Sekere meisies het sommer besluit om te scrum! Ons tree uit om reg te maak vir tentinspeksie. Oppak, aantrek, klere ophang, die werke. En dan staan ons … Reg vir inspeksie. Ons tree aan vir vlagseremonie – ‘n opregte, ordentlike een.
Groep 4 Meisies
“Ketties”
Selfbehoud
Selfbehoud …
Dié woord maak ons benoud
ons het gekom met benoude bene
en dadelik begin met die dag se bedrywighede
Ons leer mekaar nog uur vir uur ken
en probeer om boontjies van neef Cronjé te wen
Alhoewel die kamp straf gaan wees
gaan ons voluit, want ons het die gees!
Groep 1 Meisies
Douvoordag het die Taakmag op ons gewag
met die trek van ‘n tou
het ons spangees gebou.
Ons eerste parade
het verloop sonder veel skade
toe was dit blare
genoeg vir ‘n skare.
Gesprek oor menseregte
lewer groot gevegte.
Dit was ‘n lang dag,
maar ons is opgewonde oor wat nog wag!
Groep 2 Meisies
Dit is ‘n warm dag op die bus
en ons word geterg met ‘n Engen se badkamer,
maar met ‘n hart vol gees en ‘n blaas vol …
kom ons by die kamp aan.
Oulike seuns spring aan die werk om ‘n badkamer aanmekaar te slaan
vir die meisies wat nog nie desperaat in die bosse ingevaar het nie.
Foto’s een vir een geneem en die bus met ons tasse verdwyn stadig maar seker.
Drilwerk begin …
Links, regs, links, regs, links, links, links … EN
Hoor jy die … oor en oor!
Ons tree aan en leer hul manier van doen.
Ons kry ‘n worsie, appel, piesang en lemoen
en smul lekker onder die boom.
Ons begin met groepwerk:
By punt een leer hul ons van voetwerk
en wys ons al ons voetwerk foute
Ons stap in stilte om by ons toerusting uit te kom.
By ons plekkie begin die pret …
En tente opslaan.
Eers verkeerd, dan op, dan twyfel ons.
Na ‘n rukkie vind ons uit dis verkeerd.
Ons slaan af en begin oor.
Ons leer hoe om behoorlik tent op te slaan.
En toe – uiteindelik – lê ons lekker en slaap vir die eerste aand op Lunsklip.
Noodwendig Musiek
‘n Noot vir die aankoms
om onsekerheid te kul.
‘n Noot vir al die stapwerk
‘n noot vir al die dril.
‘n Noot vir plesier – een vir Afrikaans
‘n noot wat voet kriewel tot dit deftig dans.
‘n Noot vir die reën, nog tien vir die veld
waarin swerwersbloed klop deur elke held.
‘n Noot vir die liefde
‘n noot net ek en hy.
‘n Noot vir ‘n glimlag
so iets nietigs kan verbly.
‘n Noot vir sonop en onder
‘n noot vir peins en wonder.
‘n Noot waarin klein jakkalsies kasty
‘n noot vir antwoorde van God naby.
‘n Noot vir elke ou kasie
‘n noot vir die maan se hasie.
Sing, mense, sing!
Met note wat vreugde bring.
Lilanie de Jager
Liewe Selfbehouder
Dankie dat jy Lunsklip gekies het. Dankie dat jy kreatief was, dat jy opgewonde was, dat jy hard gewerk het. Dankie dat jy uitgehou en aangehou het.
Dankie dat jy om verskoning gevra het. Dankie dat jy my op my tone gehou het. Dankie dat jy vir jouself gedink het. Dankie dat jy jou medemens in ag geneem het. Dankie dat jy my weer laat glo in die toekoms van ons volk. Dankie dat jy my inspireer.
Ek hoop dat jy geleer het dat jy meer is as wat die wêreld jou laat glo jy is.
… dat jy meer is want Jesus het jou lief.
… dat jy meer is as wat jy voor Lunsklipkamp was.
… dat jy meer is as wat jy gedink het jy kan wees.
Gaan wys die wêreld.
Gaan wys jouself.
Wees meer !
Marilie van der Merwe
Liewe Lunsklip
Dit was vroegmiddag toe ek van die teerpad afgedraai het. Ek het by die spoorweg-oorgang gewag dat die trein verbyry voor ek op jou bekende grondpaaie gekronkel het tussen die klipkoppies en maroelabome deur. Vlagkoppie staan trots in die vlakte. Met die indraai agter die vlagpale, lê die vreugde vlak in my oë.
Ek het hier Selfbehoud in alle dimensies ervaar: Ek het gehardloop, sit-ups en push-ups gedoen, ge’dink’, natgereën, koudgekry, honger gely, kos gesoek, skuilings gebou en in 40 sekondes gestort. Ek het oor die paradegrond marsjeer.
Ek het geredeneer, planne beraam, opinies gelug, liedjies geleer, opsies oorweeg, konsert gehou, slim geword.
Ek het gelag, gehuil, bang geword, trots gevoel, gehoop, gedroom, vriende gemaak, liefgekry.
Ek het God se grootsheid ervaar en nederig geword voor Sy skepping. Ek het Sy beskermende hand ervaar in my lewe. Sy genade het my oorweldig. Ek het opnuut besef hoe groot voorreg dit is om Sy woord te kan uitdra.
Lunsklipkamp, my hartklop, my asemteug, my vreugde. Jou bly ek altyd getrou.
Marilie van der Merwe
Word ‘n Leier
Toe Jesus sy dissipels geroep het om Hom te volg, het nie een van hulle gedink dat daar later aan hulle uitdagings gestel sou word wat alleen deur heldemoed aangepak sou kon word nie.
So is nie een van ons altyd bewus van hoeveel reserwes daar êrens in ons weggesteek lê nie. Totdat ‘n sekere situasie opduik en die leier in ons na vore kom. Die samelewing het vandag baie nood aan etiese leiers. Daarmee bedoel ek mense wat hulle nie laat rondgooi deur veranderende winde nie, maar beginselvas en koersvas lewe.
So ‘n persoon was Paulus – met sy filosofie om nie lughoue te slaan nie, maar sekuur te mik en raak te slaan.
Was jy al so ‘n leier? Waar en wanneer het jy jou eie grense oorskry en iets gedoen waaroor jy jou later skoon verbaas het?
Ons wêreld soek mense wat met ‘n morele kompas deur die lewe loop en die mensdom weer in die rigting van God lei. Vir my was dit in baie opsigte ‘n eerste Lunsklip en dit is met groot dankbaarheid teenoor elke offisier wat my bygestaan en bemoedig het.
Lunsklip het beslis vir my die geleentheid gebied om tydens die 2008 kamp MEER TE WEES.
Neem leiding, verantwoordelikheid en verseker ons toekoms.
Die Kampleier
Malan
PS: Dankie Jan