SêMeer

Geplaas Deur red


 Name *
 Email *
 Website
 Text *
* Mandatory

Antispam measures
Please insert the letter and number combination into the text field before submitting the guestbook entry.
captcha

(4)
1
(4) Herman Botha
Tue, 6 May 2008 21:23:44 +0200
email

Hallo Almal,

Dit was heerlik om die webblad raak te loop.

Ek het in die vroeere tagtigerjare op Lunsklip gekamp, was Later die Noodweer offisier, en uiteindelik in terme van Chris se organisasie, die kampkoordineerder.

Ons groep het op Lunsklip 21 die 21 fakkel saluut geskiet.

Wie onthou?

Wie van die Noodweerders van daardie jare is nog betrokke?

Terloops, Neef Willie het destyds die Noodweergroep by my oorgeneem.

Willie, hoe gaan dit. Het jou jare laas gesien

Herman
(3) Cobus Jordaan
Thu, 1 May 2008 16:58:44 +0200
email

Hello Guss

Wil net se baie dankie vir die mooi woorde wat jy geskryf het op die 7e April met sy verjaarsdag. Soos ons almal weet was dit vir hom 'n eer en 'n vooreg om saam met almal te werk of sal ek eerder se almal te leer. Hy was 'n leermeester gewees vir my en ek weet ook vir baie ander mense en die invloed wat hy baie se lewe het is iets wat nie vergeet sal word nie.

Soos jy weet is sy as ou gestrooi op Lunsklip by klip waar hy gestaan het en sy laste toespraak gegee het as kampleier in die amfi. Hy kyk uit oor die berge en dale van Percy Five waar hy mense se denkwyse oor toekoms verander het, waar hy ons as jong mense toe gespreek het en ons gehelp form tot die mense wat ons vandag is.

Soos jy se, hy het diep spore getrap op Lunsklip en in ons lewens en hy het dit gedoen vir die liefde vir die Afrikaner. Vandag is hy nie meer daar om te veg vir die Afrikaner se reg op voortbestaan nie maar ek weet dat hy enoeg mense geleer en gemento het om die stryd voort te sit.

Jou woorde het my lat terug dink aan al my Lunsklip jare en wat 'n groot eer dit was vir my om te se dat Dr Chris Jordaan my pa was. Om te lees wat jy se oor hom laat my net weereens besef hoe baie hy beteken het vir mense. Hy word gemis elke dag maar om sulke mooi Huldeblyke te lees, en ja dit is 'n huldeblyk volgens my, is genoeg om weer rustig te maak. Na so boodskap, kan ek terug sit en se: Pa, leermeester, vriend. Ek was so bevooreg om jou te ken en geleende tyd saam met jou te spandeer. Dankie vir als wat jy vir my gedoen het en my geleer het, wat jy opgeoffer het en wat hy gegee het. Jy het my voorberei vir iets wat ek nie kon sien nie. Nou is jy nie meer daar om raad te gee nie maar ek glo dat dit wat jy my geleer het my sal help op die pad voorentoe. Dankie my vriend en ons sien mekaar gou weer.

Dankie Guss

Liefde
Oud Lunsklipper
Cobus Jordaan
(2) Marilie
Sun, 13 April 2008 09:57:54 +0200
email

Hi Gus
Daardie foto's bring heerlike herinneringe terug!
Dankie vir die webblad. Dit lyk fantasties!
Ek mis Lunsklip elke dag.
Groete
Marilie
(1) hoofstoof
Thu, 10 April 2008 22:24:07 +0200
email

Hierdie is 'n toetsboodskap vir die gasteboek.

Jy moet die teks in die prentjie hieronder insit anders is dit binnekort vol advertensies van allerhande goed wat ons nie wil he nie.
Apr 7th, 2008
Login