PraatMeer
Hier kan jy deurgaan na die Lunsklip Gespreksforum: “PraatMeer”. Soos jy kan sien is dit opgestel vir stil mense wat min praat maar die innerlike behoefte het om meer te praat met ander wat ook min praat.
Alhoewel daar middele soos GesigBoek is, is hierdie slegs vir Lunsklipmense wat vir ander Lunsklipmense iets wil skryf. In die verlede het dit nie veel mense getrek nie omdat dit misbruik is deur allerhande nare internet goggos. Die sagteware is egter opgegradeer en behoort ‘n meer gemaklike ervaring te gee as voorheen.
Praatmeer Gespreksforum <== KLIEK HIER!!
Die Brits
Die sagteware is ongelukkig nog nie in Afrikaans vertaal nie maar die gebruikstaal is Afrikaans of, aldus ons eie Anglisaanse Klub: Anglisaans.
Praatmeer Gespreksforum <== KLIEK HIER!!
Inteken/Registreer
Om jou, en die res van die mense op die groep te beskerm teen die internet goggas, asook om privaatheid te waarborg, moet jy registreer as jy die gespreksforum wil gebruik. Dis eenvoudig om te doen. Kliek net op die “Register” skakel regs-bo en volg die stappe. Jy sal ‘n epos kry by die adres wat jy ingesleutel het met ‘n skakel wat jy moet volg om jou identiteit te bevestig. Dan is jy geregistreer om MEER te kan praat.
Praatmeer Gespreksforum <== KLIEK HIER!!
As jy dit nie wil doen nie, vul ten minste vir ons hierdie opname vormpie in sodat ons kan bepaal of dit enigsins nodig is om die PraatMeer blad aan die gang te hou.
Groete,
Die Webmeester

