Archive for the 'Offisiere' Category
Oom Jan Praat: “Lunsklipgoud”
Dit was vanjaar my veertiende kamp op Lunsklip nadat ek in die jaar van die Buffel ( 1995) begin en die Sterretjiekursus saam met neef Louis gedoen het. Daardie jare het ons gereeld in die Offisierevergaderings moes opstaan en sê hoe lank ons al kamp, en dan het ek die Offisiere bewonder wat al sewe [...]
Read More..>>Ek vir Jou…
Lunsklip het my vanjaar laat dink aan Chris Cameleon se CD “Ek vir jou.” Elke liedjie volg op die vorige een en stel die fases voor in ‘n verhouding tussen twee geliefdes.
“Eerste oogopslag” - Lunsklip slaan jou asem weg met die eerste ontmoeting; die veld, die mense, die tradisies.
“Ek dink ek hou van jou” - [...]
Taakmag Praatjies
Lunsklip is nie ‘n gebou, ‘n terrein of ‘n plek.
Dis nie ‘n saal of ‘n kombuis of ‘n trek.
Dis die mense en herinneringe wat op Lunsklip kom kamp.
Die woorde en konserte van die kinders en offisiere.
Die kampleiers en legendes wat hul merk hier kom maak in mense se lewens wat vir altyd by hul sal [...]
Onder ‘n Kareeboom
Hier sit (of lê) ons in die veld onder ‘n kareeboom, die sonstrale wat so plek-plek kolle op die hangmat warm maak. Die radio raas in die agtergrond terwyl mense sinnelose inligting deurgee. Selfbehoud probeer hul bes om nie te verdwaal nie, Steven probeer sy bes om Koekie in die hande te kry. Die kitaar [...]
Read More..>>Liewe Lunsklip Offisiere
Dankie vir die leiding, dankie dat ek uit julle ervaring kan leer. Dankie vir julle onvoorwaarde-like verbintenis tot die Lunsklip ideaal.
Dankie vir harde werk en opofferings. Dankie dat julle soveel omgee vir die Afrikanerjeug.
Dankie dat julle saam beplan en droom oor die toekoms.
Marilie van der Merwe
In my hart…
In my hart glo ek dat ‘n mens nog nie werklik gekamp het totdat jy op Lunsklip gekamp het nie, en meer as enigiets anders is dit oor die mense - want die mense op Percy Fyfe IS Lunsklip. Dit is hier waar jarelange vriendskappe gesnoer word en daar is net ‘n gevoel van behoort [...]
Read More..>>Noodwendig Musiek
‘n Noot vir die aankoms
om onsekerheid te kul.
‘n Noot vir al die stapwerk
‘n noot vir al die dril.
‘n Noot vir plesier - een vir Afrikaans
‘n noot wat voet kriewel tot dit deftig dans.
‘n Noot vir die reën, nog tien vir die veld
waarin swerwersbloed klop deur elke held.
‘n Noot vir die liefde
‘n noot net ek en [...]
Ballade van ‘n eks-Verkenner
So ek moet bieg: Ek was teleurgesteld in my nuwe offisier-ervaring op Lunsklip. Ek is nie meer ‘n
Selfie óf ‘n Varia-lid óf ‘n Sterretjie nie, en skielik moet ek myself (en ander) vermaak en werk doen(?).
Ek het half verwag om dieselfde ervaringe as my vorige jare op hierdie kamp te hê, tot ek besef het [...]

