Archive for the 'Selfbehoud' Category

Keurkamp 2008 Brief en Inskrywingsvorm

red -

Indien jy Keurkamp 2008 wil bywoon gaan jy die kampbrief asook die inskrywingsvorm benodig.
Kry dit hier => Kambrief en Inskrywingsvorm

Read More..>>

Stortbeurte en Koudkry…

red -

Selfbehoud al kry jy koud …

Vandag is kamp-Sondag en ons begin die dag met ‘n lekker laatslaap. Ons het ‘n ongelooflike mooi vlagparade gehad. Ons smul aan ‘n misterieuse kleurvolle ontbyt. Wel misterieus wat die melk betref … Pienk, blou, geel en groen terwyl die bokse nog toe is. Hulle het seker die koeie Nesquik [...]

Read More..>>

Boerevertellings en ander…

red -

Na ‘n vroeë aand slapie staan ‘n goed toegeruste Selfbehoudgroep op om die dag ten volle te benut. Na ‘n asemrowende oefening sit die Selfies in diep gedagte - beter bekend as slaap - terwyl die raakvat seremonie oor 2008 se Lunsklip Voortrekkerkontrei plaasvind. Vinnig sit die Selfies gretig en opreg vir hulle lesings en [...]

Read More..>>

Waar is daardie slideshows?

red -

Die “videos” wat julle gesien het op die kamp kan nou afgelaai word. Onthou asb dat dit baie groot files is en jy dalk eers vir pa/ma moet vra of jy dit maar kan aflaai. Daar is 4 episodes. Die skakels volg.
Episode 1 (20MiB)
Episode 2 (7MiB)
Episode 3 (14MiB)
Episode 4 (32MiB)
Dis is dus altesaam omtrent 75MiB [...]

Read More..>>

Lekker lank… lekker nat…

red -

Lekker lank
lekker nat
die watertjies het vêr gespat!
Almal vuil
wil-wil huil
sal nou in ‘n bed wil skuil.
Baie moeg
hard geswoeg
sal deur die probleme wroeg.
Afgesien van die sesuur wekker
was die dag verskriklik lekker.
Groep 1 Meisies

Uit die oog van ‘n Verkenner
06:00 “Is daar ‘n bestaan vir Punt Radio?”
Dreun die radio, eerste woorde vir ‘n koue Sondag 23 Maart. Na ‘n [...]

Read More..>>

“Hey julle, is dit musiek?”

red -

Skepties, clueless en klein stap ons van die bus af. Soos gevangenes word ons vergesel. Daar word front shots geneem. Met ‘n graaf en beitel word ons stomgeslaan deur die seuns wat besig is om ons vyfster wildernis-badkamer vir die dag te bou.
Met ritme en passie mars ons in stilte na die kamp waar ons [...]

Read More..>>

Selfbehoud

red -

Selfbehoud …
Dié woord maak ons benoud
ons het gekom met benoude bene
en dadelik begin met die dag se bedrywighede
Ons leer mekaar nog uur vir uur ken
en probeer om boontjies van neef Cronjé te wen
Alhoewel die kamp straf gaan wees
gaan ons voluit, want ons het die gees!
Groep 1 Meisies
Douvoordag het die Taakmag op ons gewag
met die trek [...]

Read More..>>

Liewe Selfbehouder

red -

Dankie dat jy Lunsklip gekies het. Dankie dat jy kreatief was, dat jy opgewonde was, dat jy hard gewerk het. Dankie dat jy uitgehou en aangehou het.
Dankie dat jy om verskoning gevra het. Dankie dat jy my op my tone gehou het. Dankie dat jy vir jouself gedink het. Dankie dat jy jou medemens in [...]

Read More..>>

Liewe Lunsklip

red -

Dit was vroegmiddag toe ek van die teerpad afgedraai het. Ek het by die spoorweg-oorgang gewag dat die trein verbyry voor ek op jou bekende grondpaaie gekronkel het tussen die klipkoppies en maroelabome deur. Vlagkoppie staan trots in die vlakte. Met die indraai agter die vlagpale, lê die vreugde vlak in my oë.

Read More..>>

Login