OOR ONS
ONS VISIE EN HOE ONS DIT DOEN
Lunsklip is ‘n Gebiedskamp van die gebied Bergenbos in Die Voortrekkers en vind elke jaar tydens die Maart/April skoolvakansie in die pragtige natuurskoon van die Mooketsi omgewing plaas. Die Verkenners spandeer so veel moontlik tyd in die natuur waar hulle God se Skeppingsopenbaring in al sy glorie ervaar.
Ons visie is om Verkenners van Die Voortrekkers as moderne Afrikaners, positiewe burgers, konsekwente Christene en diensbare leiers te ontwikkel, met kultuur- en avontuuraktiwiteite in die natuur.
Gr 11 en 12 Verkenners kamp vir agt dae in die veld waar hulle leer om selfbehoud toe te pas in ‘n oorlewingsituasie. Dit is vir baie jongmense ‘n lewensveranderende ervaring waar hulle hulleself beter leer ken en ervaar hoe hulle hulle grense kan skuif of maniere wat hulle nie gedink het moontlik is nie.
Gr 10 kies tussen die kursusse vir Kampbeveiliging en Dienaar-leier of Jagkuns en Wildbeheer.
Gr 9 kies tussen Veldwagter en Vuurwapens of Voetslaner en Sterrekunde.
Gr 8 kies tussen Veldvernuf en Verfbal of Veldstudie en Sweepkuns.
Al hierdie kentekens word op die plase van die ZZ2 boerdery aangebied.


GESTIG IN 1962
Lunsklipkamp is in 1962 deur Werner Louw gestig. In al die 60 jaar daarna was daar net 5 kampleiers.

MOOKETSI
Lunsklip se kampterrein het verhuis na die Mooketsi-omgewing. Die afdraai na die terrein is hier:
Google Maps

LUNSKLIP SE BYDRAE
Lunsklip was die eerste veldwerkkamp in Die Voortrekkers. Tot in 1962 was daar nog net kompetisiekampe.
WAAR IS ONS?
Aanwysings na Lunsklip Kampterrein te Mooketsi, Limpopo.
Die rit na die kampterrein neem sowat vier ure vanaf Pretoria. Dit is op die R36, tussen Mooketsi en Modjadjiskloof.
Vanaf Pretoria/Johannesburg neem mens die N1 noord na Polokwane en draai op die R81 af.
Aanwysings na die kampterrein
Neem die N1 noord, na Polokwane.
Die beste plek om langs die pad te stop vir draaie loop, koffie en versnapperinge koop, is CALTEX STARSTOP THE RANCH. Dit is ook die enigste amptelike stopplek vir die busse sodat die kinders draaie kan loop. Dit is sowat 220km vanaf Pretoria (40 km anderkant die Nyl Plaza) en sowat 100km vanaf die kampterrein.

Bly op die N1 verby Polokwane tot by hierdie afrit, 408, Groblerstraat rigting Giyani Tzaneen.
Hou reguit aan by hierdie verkeerslig, rigting Munniklaan, R81 Giyani.


Draai regs by hierdie verkeerslig, op die R81 Giyani.
Hierdie Shell vulstasie en Spar Express in Mooketsi is sowat 5km vanaf die kampterrein.
Dit is die laaste plek vir inkopies, brandstof en draaie loop.


Ry maar stadig anderkant die Shell want die uitdraai na die kampterrein is nie gemerk nie.
Na 4.8km is hierdie uitdraai na links en die kampterrein se ongemerkte uitdraai is na regs.
Dit is hoe die hek na die kampterrein lyk. Stop voor die hek, druk die interkom en sê jy kom na die Voortrekkerkamp.
Ry in, oor die spoor en draai regs. Volg die grondpad.


Op die plaaspad, ry verby die groot dubbelverdieping huis regs en volg die grondpad verder.
Draai links by die rondawelhuis en kraal.
Hekke wat toe was moet weer toegemaak word en wat oop is moet oopgelos word.
Die kampterrein se ingang is sowat 4km vanaf die teerpad.
FOTO’S
ONS FOTO’S OOR DIE LAASTE PAAR JAAR
Die foto’s wat tydens die kamp geneem word, word op Google Drive gebêre, omdat dit baie plek neem. Almal op die kamp wat foto’s neem, is welkom om dit voor te lê vir plasing in ons argief. In die verlede het dit in ‘n Kampblad verskyn, maar sedert 2017 kan jy na al die foto’s kyk deur hierdie skakels hieronder te volg:
KONTAK ONS
ONS WIL GRAAG VAN JOU HOOR




Mooketsi, Limpopo, Suid-Afrika
23°39’07.1″S en 30°06’58.7″O
